Op Reis In Die Bybel Deel 3
Mar 1, 2026 • Dr. Ernrich Basson
In Deel 3 fokus ons op Exodus- God verlos ‘n volk
Eksodus fokus op God se verlossing van sy volk uit Egipte, die vestiging van die verbond, en hoe dit deur die Tien Gebooie en aanbidding in stand gehou word. Die Tabernakel word voorgestel as 'n teologiese model van God se verlossingsplan, met sy elemente soos die Poort en die Genadetroon wat dien as heenwysings na Christus se middelaarskap en versoeningsoffer.
